Mense en diere verdwyn in Leeukopkraal en omgewing

Welkom by die EENDAG epiese fliekreeks!

Kevin Sweefarend hou boek van alles wat vir hom belangrik is in die lewe. So onthou hy waar hy vandaan kom, en kan sy toekoms beplan.

Sy storie gaan basies oor alles wat met hom gebeur as gevolg van sy lewensdroom om robotte te vervaardig. Hy wil graag die lewensstandaard van die mensdom verbeter deur die mens aan te moedig om sy lewensdrome na te jaag, terwyl 'n robot wat deur elke mens besit word, as werker instaan vir daardie mens en so vir die mens 'n inkomste inbring.

Een van Kevin se eerste robotte is Sekretarisbot, 'n robot wat in sy laaikas woon. Sekretarisbot help Kevin kop hou met 'n besige skedule.

Eendag terwyl Kevin besig is om sy pa se skape veld toe te jaag, daag Kevin se pa, Franciscus Sweefarend in Kevin se kamer op en los 'n baie belangrike boodskap by Sekretarisbot.

Kyk gerus verder na die EENDAG filmreeks op EendagMovies.Com.

Laai nog meer