Ek gaan beroemd wees!

Kevin se suster skakel hulle moeder op die telefoon, en deel haar mee dat sy gekies is om die nuus te lees op die televisiestasie TVL. Haar naam is ook van nou af "Mevrou Tillie Visieu Beeldradio", of kortliks Mev. T.V. Beeldradio. Die voor-die-hand-liggende televisie-behepte naam is juis om in te werk op alle televisieregisseurs en hulle tipes se onderbewussyn, sodat hulle haar onmiddellik daarmee assosieer om op televisie te wees. Sodoende hoop Mev. T.V. Beeldradio om nog meer werk op TV te kry.

Kevin kom by die huis na 'n lang dag van skape oppas, en vind dat Majoor Blaffinski sy robotplan vir Robbie die tweede verskeur het. Gelukkig kry Kevin 'n nuwe plan om eerder 'n skaapwagterbot te ontwerp in plaas van Robbie.

Kevin se popster-broer Barend Sweefarend Junior droom van 'n groot konsert wat hy besig is om te lewer, wanneer 'n bose duiwelsagtige monster verskyn en hom probeer oorreed om vir hom te werk in ruil vir baie geld en beroemdheid.

Kyk gerus verder na die EENDAG filmreeks op EendagMovies.Com, of teken in op die EENDAG kanaal en kyk EENDAG op enige ondersteunde toestel sonder enige onderbrekings of advertensies.

Laai nog meer