Werkerbot of Kantoorbot aan die werk op kantoor agter 'n rekenaar

'n Robotwerker soos uitgebeeld in die filmreeks "EENDAG". Volgens die EENDAG-verhaal, ontwerp Kevin Sweefarend robotte en is hy baie goed daarmee.

Sy droom is om robotte te ontwerp wat die mensdom sal help om maklik vir hulle passiewe inkomstestrome te kan bewerkstellig, deur eers self te werk totdat hulle genoeg geld gespaar het om een van Kevin se robotwerkers te kan koop.

Van daar af kan die robot dan uitgehuur word aan werkgewers, en geprogrammeer word om take te kan verrig. Aangesien die robot nie 'n salaris nodig het nie, kan die salaris uitbetaal word aan die eienaar van die robot.

Op hierdie wyse kan elke mens dan nog steeds 'n inkomste verdien, sonder dat hulle self hulle lewe lank hoef te werk. Hulle kry dus die tyd en inkomste om dan te werk daaraan om hulle ware lewensdrome te bewaarheid en hulle lewensdoele na te streef, en hoef nie die heeltyd net enige aaklige werk te doen net om liggaam en siel bymekaar te kan hou nie.

Sien Kevin se robotte in aksie in die EENDAG filmreekse.

Laai nog meer