Geniet die MIAULI speelfilm, "WELKOM OP MUSIEKEILAND!"

Hier is 'n wonderlik-vermaaklike rolprent wat jonk en oud sal laat skater van die lag. Die fliek se naam is "WELKOM OP MUSIEKEILAND!", uit die Miauli-reeks.

Kyk hier na 'n lusmakertjie uit die fliek:

Miauli die kat is 'n seevaarder wat met sy skip die wêreld verken. Op 'n dag ontmoet hy 'n voëltjie wat hom vertel van Musiekeiland, 'n plek waar die diere pragtig sing. Miauli besluit om die plek te gaan verken, en daar beleef hy die wonderlikste avonture! Met die hulp van die inwoners van daardie eiland, bou Miauli vir hom 'n huis en plant ook 'n tuin aan. Dis nou te sê as Hermanus die brak hom lank genoeg met rus sal laat om iets staan gemaak te kry! Met dank aan: Marius Mooikasteel, Janda Walters

KYK DIE HELE FILM, "WELKOM OP MUSIEKEILAND!" HIER!

Die film kan wêreldwyd digitaal gehuur word vir twee dae, huidiglik teen US$3, of afgelaai en permanent vir jou kykgenot beskikbaar wees teen US$10.

Geniet, geniet ek sê!

Laai nog meer