Nuwe film "WELKOM OP MUSIEKEILAND!" nou beskikbaar!

Kom kyk gerus na die nuwe Miauli speelfilm, "WELKOM OP MUSIEKEILAND!" Die fliek is vol prettighede vir groot & klein.

Miauli die kat is 'n seevaarder wat met sy skip die wêreld verken. Op 'n dag ontmoet hy 'n voëltjie wat hom vertel van Musiekeiland, 'n plek waar die diere pragtig sing.

Miauli besluit om die plek te gaan verken, en daar beleef hy die wonderlikste avonture!

Met die hulp van die inwoners van daardie eiland, bou Miauli vir hom 'n huis en plant ook 'n tuin aan. Dis nou te sê as Hermanus die brak hom lank genoeg met rus sal laat om iets staan gemaak te kry!

Kyk hier na 'n grepie uit die film:

Jy het nog nooit so iets beleef soos die avonture van Miauli die kat nie! Kom kyk gerus daarna.

Die fliek kan beide gestroom word teen 'n minimale bedrag, of gekoop en afgelaai word om weer en weer na te kyk. Paypal, Bitcoin en krediet- en debietkaarte word aanvaar, so kom kyk vandag nog na Miauli!

Kyk WELKOM OP MUSIEKEILAND! in die MIAULI teater.

Laai nog meer