En toe was ek daar!

Wat is jou heel, heel, heel eerste herinnering; die heel eerste ding wat jy kan onthou vandat jy kan begin onthou as 'n klein kindjie?

Kan jy nog onthou?

Ek onthou, ja. Ek weet nie wat presies ek gedink het aan die gang is voor ek die vermoë gehad het om te onthou nie, maar ewe skielik is dit asof ek 'n sprong maak in my ontwikkeling en ek besef ek verstaan nou skielik wat om my aangaan.

Ek verstaan skielik dat ek myself in my sussie Elmarie se spieëlkas-spieël sien. Sy hou my vas en sê: "Kyk die apie!"

Ek sien myself glimlag soos wat babas glimlag wanneer iets hulle gelukkig maak. Nou toe nou.

Ek is bly hierdie is my eerste herinnering. Dis 'n mooi een.

So het ek dan nou 'n nuwe fase van die lewe begin, waarin ek nou kan begin om herinneringe in my geheue te stoor. Dis lekker!

Laai nog meer